Dit is Dinsdag, 09 September 2008, 'n koel dag aan die begin van die lente. Slabber het my gevra om saam met hom iets te gaan eet in Edward Street by Cubanna om my nuwe kar te vier wat ek 'n paar uur vroeër in Moorreesburg gaan haal het.
Om saam met ons in my vreugde te deel het Slabber my Pa en my Ma ook saam genooi vir ete, dus het ek niks vermoed nie.
Ek en Mams was in 'n vurige gesprek toe Slabber dringend my aandag probeer kry. Ek het hom eers geignoreer, maar toe hy teen die derde keer hardop roep "Engel!", moes ek vir hom kyk. Hy het klaar my hand styf in sy hande vasgehou en toe het hy die groot vraag gevra: "Sal jy met my trou?"
My keel was so droog soos die Namib woestyn en ek kon nie 'n woord uitkry nie, maar natuurlik was my antwoord JA!
Ons het die res van die aand heerlik gekuier en gesmul aan die lekker kos.
Dit is defnitief een van die hoogte punte!
Ons het besluit om net voor die troue 'n 'Engagement
Shoot' te doen. Lisa Keulder het baie vroeg op Saterdagoggend, 19
September 2009, hierdie pragtige fotos van ons op Bloubergstrand geneem.
Gaan gerus na die link hieronder om die hele album te sien: