Ons het besluit om die groot stap te neem! Ons troudag is 10 Oktober 2009 – presies 6 jaar nadat ons begin uitgaan het.
Dit sal vir ons ‘n groot voorreg wees om hierdie dag met elkeen van julle te deel. Vir die van julle wat nie ons troue kan bywoon nie – ons sal julle baie mis! Lees en beleef dit saam met ons op hierdie webblad.
Ons Storie
Ons het mekaar ontmoet in die hartjie van die winter in
2003. Vir Slabber was dit liefde met die eerste oog op slag...vir myself het
dit 'n bietjie meer oortuiging gekos en ek moes eers die kat uit die boom kyk.
Op 10 Oktober 2003 het ons saam met vriende en familie by
Ganzekraal teen die Weskus gaan kamp. Toe die sjarmante Slabber my skaam vra of
hy my maar mag soen toe kan ek nie meer 'hard to get' speel nie...
Natuurlik was dit nie alles maanskyn en rose nie. Ons moes
deur baie moeilike tye gaan om te wees waar ons vandag is, maar ons kyk nie vir
een oomblik terug nie.
Ons trou geselskap:
Michéle Schreuder, Desiré Teubes, Lindi Verschuur en Zani de Jongh
Slabber Teubes, Quintus de Beer, Jay Visser en Tian Carstens
Tian Carstens, Lindi Verschuur, Desiré Teubes, Slabber Teubes, Michéle Schreuder, Jay Visser, Zani de Jongh en Quintus de Beer